Die lewelose liggaam van die 20-jarige Aaliyah Chingy is in ‘n vlak graf ontdek nadat haar kêrel haar vermoedelik vermoor het.
Women For Change berig Chingy se liggaam is op 12 Februarie in die vlak graf in Delft gevind. Sy het verskeie steekwonde aan haar liggaam gehad.
Haar kêrel het glo gesê dat hy haar nie vermoor het nie, maar het homself aan die polisie oorhandig, berig Women For Change. Die motief vir die moord is nog nie bekend nie.
FiND iT het navraag by die polisie ingesit, maar wag nog vir terugvoer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



