
Foto: SAPD
Tate Makgoe, die LUR vir Onderwys in die Vrystaat en AO. Piet Mdi (50), sy wag is in die vroeë oggendure op die N1 buite Winburg in ‘n motorvoertuig-ongeluk oorlede.
Sello Dithebe, woordvoerder vir die Vrystaat Premier, sê EMS het ongeveer 01:30 na die toneel gehaas.
Op die toneel het hulle ‘n motorvoertuig gevind wat met twee beeste gebots het.
Die drie insittendes was in die voertuig vasgevang.
Meganiese kake is gebruik om die insittendes van die voertuig te red.
Twee persone is op die toneel dood verklaar.
Die bestuurder van die voertuig is met matige beserings na Winburg hospitaal geneem.
Hy sou na stabilisering na Bloemfontein vervoer word.
Die ongeluk en verlies aan lewe is deur die Oos-Kaap Departement van Vervoer op sosiale media bevestig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



