Man oorlede na beweerde aanval op kleinhoewe

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is verlede week dood na ‘n beweerde rooftog op ‘n kleinhoewe in De Deur Estate, Midvaal, Gauteng.

CERT-SA sê Vaal-beamptes het verlede week na ‘n toneel gehaas op ‘n kleinhoewe waar ‘n man in ‘n beweerde roof aangeval is.

Met aankoms op die perseel is die man gevind met beserings aan sy kop en gesig.

Hy het aan sy beserings gesterf en is op die toneel dood verklaar.

Omstandighede wat tot die insident gelei het, word deur die polisie ondersoek.

FiND iT het gevra vir polisiekommentaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel