Ma van vier glo ontvoer en oor tydperk herhaaldelik verkrag

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma (28) van vier kinders is na bewering Maandgaand 27 Februarie 2023 eers deur twee mans ontvoer, waarna sy oor ‘n tydperk van vyf dae en nagte in Ntuzuma, KwaZulu-Natal, herhaaldelik deur hulle verkrag is.

Reaction Unit South Africa sê die slagoffer was onderweg na ‘n snoepwinkel toe sy glo ontvoer is.

‘n Inwoner het Saterdagmiddag, ongeveer 14:54, kontak met Reaction Unit South Africa gemaak en hulp gevra nadat die vrou by sy huis opgedaag en hom ingelig het oor wat met haar gebeur het.

Reaksie-offisiere het die slagoffer by die woning gekry waar sy vertel het dat sy glo in ‘n onbekende voertuig gedwing was. Sy was glo eers geblinddoek voordat sy na ‘n onbekede huis en plek geneem is. Daarna is sy gedwing om alkolhol te gebruik en vermoedelik dwelms ingegee.

Volgens wat sy vertel het, is daar glo beurte gemaak om haar te verkrag, wat vir vyf dae en nagte geduur het.

Sy was glo kos en water geweier, maar moes na bewering gereeld alkohol drink.

Sy het gesê dat die twee mans haar gisteroggend laat bad het voordat hulle haar in Seksie-E, Ntuzuma gaan aflaai het.

Die publiek het vervolgens geweier om hulp aan haar te gee, omdat sy na drank geruik het.

Sy het verskeie laserasies en kneusplekke aan haar liggaam opgedoen.

Ntuzuma-polisie ondersoek die saak verder.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel