Lees ook: TikTokker trou met stiefpa
Die polisie in Peru het beslag gelê op ’n mummie tussen die ouderdom van 600 en 800 jaar in die besit van ’n man in Peru wat sê dis sy “spirituele meisie”.
Julio Cesar Bermejo (26) het gesê sy pa het die mummie omtrent drie dekades gelede in sy huis ingebring en dit slaap tot in die bed saam met hom.
Hy het gesê die mummie is sy “spirituele meisie” en dat sy pa die mummie “Juanita” genoem het. Hy het gesê hy het die mummie vir sy vriende gewys en hy kyk na haar.
Die polisie het beslag gelê op “Juanita” en het die mummie aan die Peruaanse ministerie van kultuur oorhandig. Hulle het gesê die mummie is eerder ‘n “Juan”, ’n man van omtrent 45 jaar oud en vyf voet lank. Die mummie is waarskynlik afkomstig vanaf Puno naby Lima.
Bronne: Urban Life, Sky News, The Chronicle, News Wind
Lees ook: Koning Charles gee glo Harry en Meghan se VK-huis vir prins Andrew



