Lees ook: Koning Charles gee glo Harry en Meghan se VK-huis vir prins Andrew
Koning Charles het glo vir prins Harry en Meghan Markle uit hulle VK-huis gesit oor Harry se kommentaar oor die koningin-gemaal Camilla.
Bronne het gesê die koning is woedend oor Harry se aantygings in Spare dat Camilla stories aan die media lek en Harry wat Camilla die “villain” genoem het in onderhoude om sy boek te bemark.
Koning Charles het glo die dag na Spare aan die publiek vrygestel is die proses begin om Harry en Meghan uit te sit uit hulle Frogmore Cottage in die VK.
Harry het in sy boek gesê dat Camilla ’n strategie gehad het om seker te maak sy trou met koning Charles en dat sy die persoon was wat stories aan die media gelek het.
Bronne: Metro, The Sun. Mirror
Lees ook: Koning Charles gee glo Harry en Meghan se VK-huis vir prins Andrew



