Ghislaine Maxwell wil hê skuldbevinding moet uitgegooi word

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Gerhard Ackerman erken tot seks met 16-jarige

Ghislaine Maxwell het ’n Amerikaanse appèlhof gevra om haar skuldbevinding uit te gooi omdat daar verskeie foute tydens haar hofsaak was en aanklaers haar die “sondebok” vir Jeffrey Epstein gemaak het omdat hy dood is.

Maxwell se prokureurs het Dinsdagaand in ’n aansoek by die tweede Amerikaanse appèlhof gesê dat Maxwell vervolg is omdat Epstein dood is en die aanklaers die publiek wou “paai”.

Hulle het verskeie argumente verskaf vir hoekom hulle dink haar skuldbevinding moet uitgegooi word of dat sy ’n nuwe verhoor moet kry. Daar word beweer sy is “immuun” teen vervolging, aanklaers  het te lank gewag om aan haar aan te kla en een van die jurielede was bevooroordeeld.

Maxwell is in Desember 2021 tot 20 jaar tronkstraf gevonnis op vyf aanklagtes van “recruiting and grooming” van vier meisies vir mishandeling deur Epstein tussen 1994 en 2004.

Bronne: BD News24, Fox News, The Guardian

Lees ook: Ghislaine Maxwell se vervreemde man weier om te betaal vir appèl