Altesaam 36 kinders en busbestuurder beseer toe skoolbus van pad loop

Deel hierdie storie / Share this story

Altesaam 36 kinders en die bestuurder van ‘n skoolbus is Dinsdagmiddag in die landelike buitewyke van Centurion beseer, toe die bus waarin hulle was, van die pad geloop het.

CERT-SA se Centurion-bemanning het ongeveer 14:40 na die toneel gehaas.

Die skoolbus het 96 kinders vervoer, het van die pad geloop en is teen ‘n steil wal af. Die bus het gelukkig nie omgeval terwyl dit teen die wal af is nie.

Niemand het ernstige beserings opgedoen nie. Die 36 kinders en busbestuurder wat lig beseer is, is na verskeie plaaslike hospitale geneem. Altesaam 59 kinders is op die toneel geassesseer en is met ‘n ander bus huis toe.

Dit is onduidelik wat die oorsaak van die ongeluk was.

Gauteng-EMS, SAPD, Fun Cure Ambulance Services en Seboluke-ambulansdienste het sy aan sy met CERT-SA op die toneel gewerk.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel