Ghislaine Maxwell se vervreemde man weier om te betaal vir appèl

Deel hierdie storie / Share this story

Ghislaine Maxwell se kans om te appèlleer is in gevaar omdat haar vervreemde man glo weier om haar regskostes te betaal.

Ghislaine Maxwell (60) is vroeër die jaar tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir haar rol in Jeffrey Epstein se sekshandelskema. Sy is in ’n laesekuriteittronk in Florida.

Haar vervreemde man, Scott Borgerson (45), wat haar glo oor die foon gelos het, ignoneer glo haar versoeke vir $1 miljoen.

Borgerson beheer amper al Maxwell se geld en hy is glo die rede dat haar regskostes nie betaal word nie.

Maxwell se regspan kan nie begin werk aan haar appèl voordat hulle betaal word nie en die afsnytydperk vir appèl is die einde van Januarie.

As die appèl nie ingedien word nie, kan Maxwell agter tralies sterf.

Bronne: The Mirror, Daily Mail

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Ghislaine Maxwell sê in onderhoud foto van prins Andrew is vervals