Ghislaine Maxwell sê in onderhoud foto van prins Andrew is vervals

Deel hierdie storie / Share this story

Ghislaine Maxwell het in haar eerste onderhoud vanuit die gevangenis gesê die foto van prins Andrew en Virginia Roberts (Giuffre) is vervals.

Good morning Britain se joernalis, Daphne Barak, het die onderhoud met Ghislaine Maxwell gevoer.

Maxwell is in Julie tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir die “verkoop van” en “handel in” jong meisies saam met Jeffrey Epstein.

Maxwell is in Desember ná ‘n maandlange verhoor skuldig bevind aan vyf aanklagte vir die werwing en grooming van vier meisies om deel te neem aan seksuele dade met Epstein tussen 1994 en 2004.

Maxwell het nou in die onderhoud gesê die foto van haar “goeie vriend” prins Andrew wat met sy arm om Virginia Roberts staan, is vervals.

Sy het ook glo gesê sy is nie seker of Andrew en Virginia ooit ontmoet het nie, maar sy is 100% seker die foto is vervals.

Bronne: Express, Mirror

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Mel Gibson mag teen Harvey Weinstein getuig