Armand Hofmeyr het Woensdag ‘n plasing op sosiale media gemaak waarin hy sê hy was op ‘n kamp en het ‘n slang in sy tent onder sy opblaasmatras gevind.
In die foto’s staan Armand met die slang in sy hand en beskou dit in die lig van ‘n koplamp.
“Lank gestaan en wonder watse kobra is die?”
Dit het baie reaksie by sy bewonderaars ontlok.


FiND iT Nuus het by Silverfox Snake Rescuers in die Wes-Kaap aangeklop, wat die slang as ‘n jong snouted cobra geïdentifiseer het.
Die slang word as neurotoksies beskryf, wat indien jy gebyt word, binne ‘n uur neurologiese verlamming en dood kan veroorsaak.
Dit is eers ‘n Egiptiese kobra genoem, omdat dit vermoedelik deur koningin Cleopatra gebruik is om selfdood te pleeg.
Slangkenners beveel aan dat mense die African Snake Bite Institute se toepassing van Playstore af op hul fone laai. Slange, skerpioene en spinnekoppe se inligting is op die toepassing verkrygbaar en dit gee jou ook die inligting van die slangvanger die naaste aan jou. Sulke inligting kan nuttig te pas kom, veral wanneer jy met vakansie ver van jou huis af is.
Bron: Wikipedia, history.com
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



