‘n Australiese rugbyligaspeler is dood gevind in Spanje na hy vermis geraak het tydens ‘n aand uit met vriende.
Liam Hampson se liggaam is in Barcelona op die vloer van ‘n nagklub gevind na hy glo geval het.
Hy het saam met ‘n groep, wat spelers van die National Rugby League insluit, deur Europa gereis. Hulle het hom as vermis aangemeld.
Sy dood word glo as ‘n ongeluk beskryf, met die polisie wat sê hy het van ‘n hoogte van 10 meter binne die klub geval.
Bronne: BBC, Fox Sports, Daily Mail
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



