Indonesië verbied alle medisinale strope ná die dood van 99 kinders

Deel hierdie storie / Share this story

Amper 100 kinders is in Indonesië dood, waarskynlik van hoesstroop wat hulle gedrink het. Dit het daartoe gelei dat die land die verkoop van alle medisinale strope opgeskort het.

Dit volg net weke na dit ontdek is dat hoesstroop in Gambië die dood van bykans 70 kinders veroorsaak het. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het hierna ‘n waarskuwing oor vier soorte hoesstrope uitgereik.

Indonesië het gesê sommige medisinale strope bevat bestanddele wat verband hou met akute nierbeserings, wat vanjaar 99 jong kinders se dood veroorsaak het.

Dit is nie duidelik of die medisyne ingevoer of plaaslik vervaardig is nie.

Bronne: BBC, Bloomberg

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Britse lykskouer blameer sosiale media vir meisie (14) se selfdood