“Dischem beleef tans hul Spur-oomblik.”
Na die daelange reaksie wat die nou omstrede uitgelekte Dischem-rasbrief veroorsaak het, het Steve Hofmeyr vanoggend in ‘n vinnige plasing op sosiale media sy mening gegee.
“Ek is 100% aan boord vir ‘n Dis-Chem-boikot. Maar moenie dink, ek dink, my pille by Clicks is ‘n meer etiese aanbod nie. Het jy vergeet hoe hoog hulle gespring het vir die EFF oor een onskuldige shampoo advertensie?”
Gedurende September 2020 was Clicks-winkels gedwing om hul deure te sluit weens betogings wat deur die EFF gelei was oor ‘n TRESemmé sjampoe-advertensie.
“Ek wonder watter besighede daar buite nie onderhewig is aan dieselfde SEB-gradering as Dis-Chem nie. Maar dit is ons werk as slagoffers van rasbeleid IN DIE 21STE EEU (ongelooflik) om dit proaktief te bekamp.”
Intussen is die volgende foto van Dis-Chem se verhandeling op die JSE gister gedeel:

Ondersteun jy tans jou plaaslike apteker? Jy kan erkenning aan hulle gee in die kommentaar.
Of is dit besigheid soos normaal waar jy steeds Dis-Chem besoek om jou medikasie te kry en aankope te doen?
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.