Skoolkinders sterf in Iran

Deel hierdie storie / Share this story

Asra Panahi (16) was ‘n leerling van Ardebil in Iran. Sy is glo doodgeslaan deur die sekuriteitsmagte omdat sy geweier het om ‘n pro-regime volkslied te sing.

Die regering sê die polisie het haar nie geslaan nie; sy is dood aan ‘n hartkwaal.

Die burgemeester van Ardebil het gesê sy het pille gedrink om haar eie lewe te neem, “want sy het familieprobleme gehad”.

Omtrent nog drie skoolmeisies is na bewering dood ná houe teen die kop.

Volgens ‘n kenner by Amnestie Internasionaal is ten minste 23 minderjariges glo dood as gevolg van die onwettige gebruik van geweld tydens optogte tussen 20 September en 30 September.

Sowat 20 seuns en drie meisies tussen die ouderdomme van 11 en 17 Is dood.

Sommige seuns is glo doodgeskiet, terwyl die drie meisies na bewering houe teen die kop gehad het.

Die kinders se families word glo gedwing om te sê die kinders is dood van siektes of selfdood.

Bronne: DW-South Africa, Taiwan News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Iranse skoolmeisie glo doodgeslaan na sy weier om pro-regime volkslied te sing