Vrou wat arm verloor in pitbull-aanval ondersteun petisie

Deel hierdie storie / Share this story

Gwen Vokes is maar een van vele slagoffers wat haar naam by die petisie, wat deur die Sizwe Kupelo-stigting geloods is, gevoeg het.

Gwen is in 2020 deur ‘n pitbull aangeval toe sy iemand wou red wat deur ‘n hond aangeval is. Sy moes op die ou end haar regterarm inboet en leer om alles met haar linkerhand te doen. Dit het haar haar werk gekos en baie trauma vir haar gesin.

Die organisasie Sizwe Kupelo het intussen sy dank uitgespreek vir die ondersteuning van Suid-Afrikaners wat hulle stemme voeg by die petisie om die pitbullterriër as huishoudelike troeteldier verban te kry.

Teen gister was die petisie reeds met meer as 35 000 handtekeninge ondersteun. Meer as 230 000 mense het op sosiale media na die petisie gekyk en dit is reeds 15 000 keer gedeel.

Die organisasie het gister op hulle blad gesê hulle ontvang onophoudelik oproepe van eienaars wat hul honde onmiddellik vrywillig wil oorhandig omdat hulle die gevaar wat die honde inhou, besef.

“Al die slagoffers kla oor die arrogansie van honde-eienaars ná ‘n aanval. Tans is ‘n slagoffer in ‘n hospitaal in die Wes-Kaap opgeneem en in Mthatha het pitbullterriërs ‘n man se huis binnegegaan en hom aangeval.”

Die organisasie gaan inligting oor aanvalle versamel en sal dit aan die minister van landbou en die Nasionale Vergadering oorhandig.

“Die organisasie sien die frustrasie en emosies van pitbulltelers raak en verseker hulle dat die organisasie nie ‘n probleem met hulle het nie, maar slegs probeer om die aanvalle wat soms die dood tot gevolg het, te stop.”

Die NSPCA het intussen op die 18de Oktober hul ondersteuning aan die organisasie toegesê vir die beskerming van weerlose mense in hierdie tipe aanvalle, maar noem dat ander spesies ook aanval.

“Op die oog af lyk die petisie verregaande vir pitbulleienaars, maar met sorgvuldige oorweging vra die petisie vir mense se beskerming en verantwoordelike troeteldiereienaarskap. Die versoek is dat kastrasie en sterilisering moet plaasvind sodat die huidige onbeheerde teling verhoed kan word. Daar word ook gevra vir strenger regulasies om die pitbull en ander kraggeteelde rasse met permitte aan te hou.”

Die NSPCA (Nasionale Dierebeskermingsvereniging) vra enige persoon wat nie langer sy hond wil aanhou nie, om dit na die plaaslike Dierebeskermingsvereniging, dierewelsynskuiling of private veearts te neem.

Indien jy ‘n aggressiewe dier in jou besit het word jy volgens die wet verplig om die dier op jou erf te hou en volgens die terme van die Animal Protetion Act en die Five Freedoms in die behoeftes daarvan te voorsien..

“Hierdie petisie is nie om die pitbulls duiwels te maak nie, maar om ‘n menslike en samewerkende manier te vind om mens sowel as dier in hierdie situasie te beskerm.”

Twee dae gelede het die Pit Bull Federation of South Africa (PBFSA) ‘n plasing gemaak dat hulle met die Sizwe Kupelo-stigting gepraat het om ‘n vriendskaplike oplossing vir die huidige situasie te vind.

“Ons algemene doel is dieselfde – om ‘n einde te bring aan verskeurings en verantwoording te vra van diegene wie se honde mense vermink en vermoor.

PBFSA beklemtoon dat hulle werk om ‘n regverdige en volhoubare oplossing vir alle partye te vind.

Lees meer hier:

https://www.facebook.com/sizwekupelofoundation/

https://www.facebook.com/profile.php?id=100069897615154

FiND iT het op die United Pitbull Association of South Africa Facebookblad afgekom en die blad se eienaars gevra om die tipe kompetisies wat hul loods te verduidelik, veral omdat gesonde afleiding en aktiwitite vir die diere belangrik is.

Bronne: News24, Sizwe Kupelo Foundation, NSPCA, Pit Bull Federation of South Africa

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel