Oorspronklike iPhone van 2007 verkoop vir R700 000 op veiling

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Oorspronklike iPhone1 wat in 2007 sy verskyning op die mark gemaak het, is pas vir R700 000 op ‘n veiling verkoop.

Dit was onoopgemaak, ongebruik en nog in die oorspronklike geseëlde boks.

Die iPhone is op 30 September op LCG Auctions gelys en die veiling het Sondag geëindig. Die foon is verkoop vir 65 keer meer as wat dit oorspronklik 15 jaar gelede gekos het.

Bronne: Business Insider, Cape Talk

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Britse lykskouer blameer sosiale media vir meisie (14) se selfdood