Lees ook: Verdagtes in hegtenis, verbind met verdwyning van Nick Frischke
Die polisie is op soek na inligting oor die skiet van ’n onbekende man in Manenberg.
Die liggaam van ’n man, wat moontlik van Nyanga af is, is Maandag op die Duinefonteinpad oorkant die Caltex-garage gekry.
Die man is glo in die gesig geskiet toe hy beroof is. Tydens die voorval het die man swart jeans, ’n gestreepte wit-en-swart langmouhemp, bruin pullover en swart tekkies aangehad.
’n Moordsaak word deur die polisie ondersoek, maar nog niemand is in hegtenis geneem nie.
Bronne: IOL, Daily Voice



