Landi Prinsloo (39) wat op 23 Februarie 2023 in Kameeldrift Pretoria vermis was en ‘n dag later dood in Pienaarsrivier gekry is, het glo met haar man se vuurwapen selfdood gepleeg.
AO Johan van Dyk, polisiewoordvoerder van Tshwane-distrik, het bevestig dat sy go selfdood gepleeg het. Haar liggaam het 300 meter verder vanwaar sy haarself glo geskiet het, rivier af gedryf.
“Die wapen en doppie is daar gevind.”
Jann Prinsloo, haar man, het nadat haar liggaam gekry is, die tyding van haar dood met FiND iT gedeel.
FiND iT het berig dat sy soek geraak het nadat sy in haar voertuig, ‘n wit Toyata Prado, in Kameeldrift-omgewing gery het. Die voertuig is later, met geen teken van haar nie, op die Molotopad naby die Roodeplaat-polisie se honde-eenheid opgespoor waar dit parkeer was.
‘n Soektog is vanaf die polisie-hondeskool van stapel gestuur. Van haar persoonlike besittings is toe in die vroeë oggendure langs die Pienaarsrivier gekry. Dit was onder meer haar klere, selfoon en die voertuig se sleutels.
Jann Prinsloo het aan FiND iT gesê alhoewel dit nie goeie nuus vir hom en hulle drie kinders is nie, is hy net bly dat hulle haar gekry het.
Intussen het die stasiebevelvoerder van Kameeldrift die volgende op ‘n gemeenskapsgroep geplaas:
Namens my en die bestuur van SAPS-Kameeldrift wil ek graag net dankie sê aan almal wat deelgeneem het aan die soektog na Landi Prinsloo.
Ek as stasiekommissaris is baie dankbaar vir die hulp wat julle altyd as gemeenskap bydra.
Ek wil graag net ‘n paar dinge noem:
Daar is reeds ‘n mediaverklaring uitgereik in verband met die insident.
Ek vra asb. dat mense nie verkeerde stories sonder enige feite rondstuur van die insident nie.
Wat ons op die huidige stadium kan sê, is dat geen vuilspel vermoed word nie.
Die outopsieverslag sal die speurders lei met die verdere ondersoek.
My innige meegevoel met die familie.
Baie dankie.
Lt. kol. Diamond
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



