Vrou glo met haar man se vuurwapen geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Nog ‘n aardbewing tref Turkye

‘n Vrou is vroeg Dinsdagoggend tydens ‘n huisroof in Riyadh in KZN geskiet, vermoedelik met haar man se vuurwapen.

Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) is na die toneel in Tariqstraat ontbied. ‘n Tienerseun en ‘n man was op die toneel met hul aankoms. Die tienerseun het aan lede gesê hy het weens die geluid van skote wakkergeword. Hy het glo sy kamer verlaat, waarna sy pa glo gesê het hy moet in sy kamer bly.

Die man en die seun het lede ingelig dat die ma twee keer geskiet is en na ‘n hospitaal geneem is vir behandeling.

Die verdagte, wat glo die vurwapen onder die egpaar se bed uit gesteel het en gebruik het om die ma mee te skiet, het glo gevlug.

Die voorval word ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel