Vinnige mikrogolfmelktert

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Lekker melktertjaffels

Ons het gister Nasionale Melktertdag gevier! Dis nog nie te laat om jou gesin te bederf met ‘n lekker maklike mikrogolfmelktert nie.

Una Engelbrecht deel ‘n resep:

Vinnige mikrogolfmelktert

1. Verhit 1 blik kondensmelk, 1 blik melk, 2 blikke water en 1 e margarien of botter vir 8 min. op hoog.

2. Meng 4 geklitste eiers, 140 ml mielieblom, aangemaak met ‘n bietjie melk & 7 ml vanieljegeursel saam. Voeg by nr. 1. Kook op hoog vir 4 min. of tot dik. Roer na elke min.

3. Skep uit in groot tertbord, waarin Tennisbeskuitjies as kors gepak is.

4. Laat effe afkoel – strooi kaneel oor. Verkoel verder in yskas.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel