Een dood, een kritiek na huisroof op kleinhoewe

Deel hierdie storie / Share this story

LEES OOK: Nog ‘n aardbewing tref Turkye

Emer-G-Med-paramedici het Maandagaand net na 19:00 reageer op inligting dat ‘n huisroof op ‘n kleinhoewe in die Mnandi-area van Centurion plaasgevind het.

Paramedici het met hulle aankoms op die toneel op ‘n bejaarde man se liggaam afgekom. Hy is op die toneel dood verklaar.

‘n Bejaarde vrou, vermoedelik die oorlede man se vrou, het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat sy na ‘n hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel