Nevaeh het jou hulp nodig

Deel hierdie storie / Share this story

Nevaeh (agterstevoor van Heaven) van Rustenburg is slegs nege weke oud en veg onder sedasie in die neonatale intensiewesorgeenheid (NICU) teen RSV en longongsteking.

Jalicka Barnardt, haar ma, het ongeveer 11 uur gelede gesê dat sy kritiek maar stabiel is.

“Hoe meer mense ons vir haar kry om in te tree in gebed, hoe sterker gaan sy word en sy het dit nou so nodig.”

Jalicka en Ruben Barnardt het op sosiale media gesê dat Nevaeh op ‘n ventilator en gesedeer is.

Sy is onder sedasie omdat haar hartkloptelling 200 slae per minuut oorskry wat te hoog is. Dit moet tussen 140 en 160 wees.

Intussen het sy ook reeds ‘n bloedoortapping gekry en die suurstoftoediening is vermeerder.

“Haar lyfie en longetjies is moeg, maar ons glo en vertrou op die Here dat Hy reeds besig is met haar vir ‘n groot wonderwerk wat ons en sy nog oor gaan bely en getuig.”

Die kleinding is nog nie aktief op die ouers se mediese fonds nie, dit sal hopelik binnekort gebeur. Hulle sal dan eers weet of van die kostes waarvoor hulle moes gaan leen deur die medies gedek gaan word. Hulle is egter bewus daarvan dat van die onkostes nie gedek sal wees nie.

Dit het veroorsaak dat Nevaeh in ‘n staatshospitaal opgeneem is. Die ouers moes R65 000 neersit alvorens hulle by Medicare-hospitaal geholpe kon raak en ‘n verdere R8 000 vir ongevalle.

Hierna is sy na die staatshospitaal teruggeplaas. Geld is geleen om haar terug te plaas na Medicare.

Die ouers vra eerstens vir gebede, en dan vir finansiële hulp. Indien jy kan help, volg die volgende skakel na haar BackaBuddy-profiel.

https://www.backabuddy.co.za/champion/project/nevaeh-barnardt-5532239086223997273

Of volg haar Bid / Fonse vir Nevaeh Prinses Facebook-blad.

Haar ouers herinner graag aan die volgende:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel