LEES OOK: Vier in hegtenis vir moord
Die polisie in Mahwelereng ondersoek ‘n saak nadat die 14-jarige Koketso Mongola van Mshogo Village buite Mokopane op Valentynsdag vermis geraak het.
Die polisie sê die tienermeisie se ma het haar die oggend van 14 Februarie laas gesien toe sy op pad was skool toe.
Sy het ‘n skooluniform, ‘n donkerblou romp, ‘n wit hemp wit sokkies, swart skoene en ‘n skoolsak gedra.
Enigiemand met inligting kan die polisie by 071 392 2977 of 082 565 9056 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



