Vier in hegtenis vir moord

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Liggaam in oseaan naby Simonstad gevind moontlik van vermiste visserman

Vier mense is in hegtenis geneem vir die moord op Roman Marobela (30) wat glo ontvoer, vermoor en in ’n rivier gegooi is.

Marobela se liggaam is in die Olifantsrivier in Limpopo gegooi om dit te laat lyk of hy verdrink het. Sy liggaam is Donderdag gevind.

Die polisiewoordvoerder het gesê die vier mans het Woensdag na Marobela se pa se huis saam met ’n bloeiende Morabela gegaan. Hulle het vir sy pa gesê hy het geld by hulle gesteel en die pa het aangebied om hulle Sondag terug te betaal, maar hulle het geweier en met Marobela geloop.

Hulle het Marobela glo toe doodgemaak en in die rivier gegooi waarna hulle die polisie gebel het en gesê het hy het in die rivier gespring.

Die vier verdagtes sal Maandag in die Thabamoopo-landdroshof verskyn.

Bronne: IOL, Soeknet, Scoopnest

Lees ook: Romay van Rooyen-moordsaak skuif na Wes-Kaapse hooggeregshof