Lees ook: Andre de Ruyter van plan om SA te verlaat
Mmusi Maimane, leier van Build One South Africa, het ’n kriminele klagte gaan lê by die Kaapstad-polisiestasie in verband met die beweerde plundery by Eskom.
Hy wil hê dat die polisie André de Ruyter sover moet kry om inligting te deel oor die bewerings wat hy gemaak het oor die korrupsie en plundery by Eskom en die betrokkenheid van senior ministers.
Maimane het Maandag die affidavit aan die polisie oorhandig en gesê dat hy wil hê De Ruyter moet die identiteit van die ministers van wie hy gepraat het, openbaar maak.
Bronne: EWN, Sunday World, Cape Talk, Facebook



