Liggaam in oseaan naby Simonstad gevind moontlik van vermiste visserman

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Liggaam gevind, moontlik een van vermiste Gordonsbaai-vissermanne

’n Liggaam is Vrydagaand naby die Roman Rock-vuurtoring in Simonstad in die see gevind.

Die liggaam is nog nie geïdentifiseer nie, maar dit is moontlik dié van die 40-jarige visserman wat op 20 Februarie as vermis aangemeld is.

Die 40-jarige visserman en sy 54-jarige vriend is die 20ste Februarie as vermis aangemeld. Hulle was besig om by Die Poort vis te vang. Die liggaam van die 54-jarige man is Dinsdag gevind.

Die polisie het ’n ondersoek begin.

Bronne: EWN, Times LIVE

Lees ook: Liggaam gevind, moontlik een van vermiste Gordonsbaai-vissermanne