Romay van Rooyen-moordsaak skuif na Wes-Kaapse hooggeregshof

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Landdros se vermeende moordenaar is nie ’n ‘druggie’ nie, sê pa

Die neef van die vermoorde landdros Romay van Rooyen sal in die Wes-Kaapse hooggeregshof verhoor word.

Cassidy Hartzenberg (18) het Donderdag in die Simonstad-landdroshof verskyn. Hy word aangekla van moord en diefstal.

Romay van Rooyen (50) is op 10 September 2022 vermoor gevind in haar huis in Marina Da Gama. Haar voertuig, ’n Toyota RAV4, is gesteel en twee dae later in Mitchells Plein gevind.

Hartzenberg het glo geld geleen en iemand betaal om hom na Van Rooyen se huis te neem waar hy en sy tante glo ’n argument gehad en Hartzenberg haar verwurg het.

Hartzenberg is ná haar begrafnis, waar hy ‘n kisdraer was, in hegtenis geneem.

Die saak teen Hartzenberg sal op 17 Maart in die Wes-Kaapse hooggeregshof begin.

Bronne: IOL, Daily Voice, EWN

Lees ook: Kleinneef van Romay van Rooyen laat vaar borgaansoek