Kleinneef van Romay van Rooyen laat vaar borgaansoek

Deel hierdie storie / Share this story

Cassidy Hartzenberg, die 18-jarige kleinneef van die vermoorde landdros Romay van Rooyen, wat aangekla is van die moord op sy tannie, het sy borgaansoek laat vaar.

Hartzenberg word aangekla van die moord op Romay van Rooyen en die diefstal van haar voertuig.

Van Rooyen (50) is deur ‘n familielid in haar huis in Marina Da Gama ontdek. Sy is glo verwurg. Haar voertuig is later in Mitchells Plain gevind. Hartzenberg is in Mitchells Plain gearresteer.

Die saak is tot 8 November 2022 uitgestel. Hartzenberg bly in aanhouding.

Bronne: IOL, EWN

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Romay van Rooyen moordverdagte is glo haar kleinneef