Sosialemediagebruikers het verskillende menings oor Balenciaga se “mud pit”-modeparade wat onlangs plaasgevind het.
Modelle het in modderplasse geloop om die luukse lente-/somerreeks van Balenciaga bekend te stel.
Balenciaga is bekend daarvoor vir sy eksentrieke manier van dinge doen.
Verskeie video’s en foto’s van die geleentheid by die Paryse modeweek doen die rondte op sosiale media met modelle soos Kanye West en Bella Hadid wat deur die modder loop.
Sosialemediagebruikers was stomgeslaan oor die geleentheid en iemand het selfs gesê dit was ‘n “sosiale eksperiment wat verkeerd geloop het”.
Nog iemand het gesê: “Verbeel jou jy is deel van Balenciaga en jy besef jy moet deur modder.”
“Ek weet dit ruik vreemd daarbinne,” sê iemand anders.
Wat sê jy daarvan?
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



