Die 18-jarige verdagte wat gearresteer is vir die moord op landdros Romay van Rooyen, is glo haar kleinneef.
Van Rooyen is vroeër die maand oorlede in haar huis in Marina Da Gama gevind.
Cassidy Hartzenberg het Donderdagoggend sy eerste verskyning in die Simonstad-landdroshof gemaak.
Hy was glo ‘n draer by haar begrafnis. Hartzenberg is in Mitchells Plain gearresteer, naby waar Van Rooyen se voertuig na haar dood ontdek is.
Volgens haar familie is haar waardevolle besittings onaangeraak gelaat toe haar pa, Roman, twee weke gelede haar lewelose liggaam in haar slaapkamer ontdek het. Hy het bekommerd geraak nadat familielede haar nie kon bereik nie.
Die staat het aangedui dat hulle nie gereed is om voort te gaan met die hofverhoor nie en het ‘n uitstel van sewe dae versoek om borgtoginligting te bekom.
Hartzenberg word op 6 Oktober terug in die beskuldigdebank verwag.
Bronne: EWN, Cape Town ETC
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: 18-jarige verdagte in moord op Romay van Rooyen is glo familielid



