‘n 18-jarige wat as verdagte gearresteer is vir die moord op landdros Romay van Rooyen is glo een van haar familielede.
Die 18-jarige verskyn Donderdag in die Muizenberg-landdroshof.
Romay van Rooyen is op 10 September dood gevind in haar huis in Marina da Gama. Daar was geen teken van ‘n inbraak nie, maar haar motor was weg. Die voertuig is later naby Mitchell’s Plain gevind.
Die Valke-woordvoerder, Katlego Mogale, het bevestig Van Rooyen het die 18-jarige geken.
Die 18-jarige is in Mitchell’s Plain gearresteer en word van moord aangekla.
Bronne: IOL, Scoopnest
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Tiener gearresteer vir moord op landdros, Romay van Rooyen



