Tiener gearresteer vir moord op landdros, Romay van Rooyen

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Tiener is gearresteer vir die moord van die Wes-Kaapse landdros, Romay van Rooyen.

Romay van Rooyen is vroeër die maand in haar huis in Marina de Gama vermoor. Sy is glo verwurg en haar kar is naby Mitchells Plain gevind.

Die 18-jarige verdagte is Dinsdag naby Mitchells Plain gearresteer.

Hy sal Donderdag in die Muizenberg-landdroshof verskyn.

Bronne: Eyewitness News, IOL

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Landdros en voormalige NPA-staatsaanklaer in Marina de Gama vermoor