Die liggaam van wat geglo word dié van ‘n zama-zama kan wees, is verlate langs ‘n pad in Azaadville Gardens, Krugersdorp gevind.
Sy liggaam was in ‘n goiingsak toegedraai met ‘n stukkie papier daarnaas waarop sy naam en nasionaliteit neergeskryf is.
Kol. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder in Gauteng, sê die polisie is ontbied na die toneel waar ‘n verbyganger die liggaam van ‘n man langs die pad gekry het.
Die oorledene is op die toneel deur paramedici dood verklaar.
Die oorsaak van die man se dood moet nog vasgestel word.
‘n Geregtelike doodsondersoeksaak is oopgemaak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



