Landdros en voormalige NPA-staatsaanklaer in Marina de Gama vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Moordondersoek is aan die gang nadat die liggaam van ‘n landdros en voormalige staatsaanklaer, Romay van Rooyen, Saterdag in haar huis gevind is.

Van Rooyen se liggaam is in haar kamer gevind deur ‘n familielid nadat sy nie opgedaag het vir ‘n afspraak nie. Die huis was oop en haar voertuig was weg.

Van Rooyen se voertuig is intussen in Mitchells Plain gevind, maar niemand is al gearresteer nie.

Bronne na aan Van Rooyen beweer sy was bekommerd oor ‘n spesifieke borgtogaansoek wat sy enkele dae voor haar dood op Vredenburg gedek het.

Bronne: Cape Talk, IOL

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Texas-juffrou se aanhaling oor pedofiele ‘buite konteks’