Vrou vervals eie ontvoering vir R865 000 losprys

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Spaanse vrou het haar eie ontvoering vervals om ‘n losprys van R865 000 by haar ma te kry.

Die Spaanse nasionale wetstoepassingsagentskap, Guardia Civil, het glo ‘n ontstellende video vrygestel waarin die vrou geblinddoek en met bloedvlekke gesien kan word. Daar is ook ‘n man met ‘n mes wat haar “aanhou”.

Die vrou in die video het gehuil en vir haar ma gesê sy is ontvoer en haar ma moet die losprys betaal as sy haar weer wil sien. Die vrou is later in Tenerife gearresteer toe dit uitkom dat sy en haar kêrel se familie saamgewerk het om haar ma uit geld te bedrieg.

Haar ma het glo die geld gaan trek voor sy vir die polisie vertel het dat sy vermoed haar dogter probeer haar bedrieg.

Die Guardia Civil het die kêrel se familie en die vrou wat glo “ontvoer” is, opgespoor waar hulle sit en dobbel het. Hulle is gearresteer en het gebieg dat die ontvoering ‘n leuen was.

Die ma het glo voorheen al R780 000 aan ‘n losprys betaal toe haar dogter ontvoer is.

Bronne: IOL, Briefly

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel. Adverteer by FiND iT.

Lees ook: Landdros en voormalige NPA-staatsaanklaer in Marina de Gama vermoor