‘n Pasiënt in die Karl Bremer-hospitaal is oorlede nadat hy glo deur ‘n ander pasiënt by die hospitaal aangeval is.
Gesondheids-LUR, Nomafrench Mbombo het die hospitaal besoek na die voorval op Donderdag.
Mbombo het gesê een pasiënt het ‘n ander pasiënt met ‘n swaar, skerp voorwerp aangeval. Die slagoffer het aan sy beserings beswyk. Mbombo het die hospitaal besoek om ondersteuning te bied.
Die saak word nog deur die polisie ondersoek.
Bronne: IOL, Ghanamma
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel. Adverteer by FiND iT.




