Twee besigheidsrowers dood, vier gewond

Deel hierdie storie / Share this story

Twee gewapende verdagtes is gedood en vier ander is ernstig gewond in ‘n oor-en-weer-skietery tussen polisie en verdagtes by ‘n supermark in Epping nadat ‘n besigheidsroof plaasgevind het, aldus sers. Wesley Twigg, provinsiale polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap.

Polisiebeamptes van die misdaadintelligensie-eenheid, honde-eenheid en die blitspatrollie het Sondag reageer op ‘n oproep van ‘n gewapende roof waartydens ‘n onbekende bedrag kontant glo gebuit is.

Met dié wat die verdagtes gevlug het, het hulle bewus geraak van die polisie se teenwoordigheid.

Hulle het verskeie skote na die beamptes geskiet en in ‘n voertuig weggejaag. Die polisiebeamptes was op hul spoor en het tydens die jaagtog op hulle geskiet waarna die verdagtes beheer oor die voertuig verloor het en teen ‘n stilstaande voertuig gebots het.

“Twee verdagtes is dood en vier ander tussen die ouderdomme van 23 en 41-jaar is ernstig in die voorval gewond. Die vier gewondes is onder polisiebewaking in die hospitaal.”

Die voertuig is deursoek en beamptes het beslag op twee vuurwapens gelê.

‘n 32-Jarige verdagte is naby die rooftoneel in hegtenis geneem.

Die ander verdagtes se verlate voertuig is later gevind nadat hulle in die rigting van Langa gevlug het.

Die polisie is steeds op soek na die verdagtes.

Sake van gewapende roof en poging tot moord word deur die polisie ondersoek.

Yusuf Abramjee, joernalis en teenmisdaadaktivis, het die volgende video op sy Twitter-blad gedeel:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Volg ons op Telegram by https://t.me/finditnuus.

Indien jy belangstel in bemarking volg hierdie skakel https://find-it.co.za/2022/07/26/adverteer-en-bemark/