Texas-juffrou se aanhaling oor pedofiele ‘buite konteks’

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Juffrou van Texas is afgedank nadat ‘n video vorendag gekom het waarin sy vir haar student gesê het pedofiele moet “minderjarig-aangetrokke persone” genoem word en dat hulle nie mag oordeel nie.

Die juffrou, Amber Parker, is Dinsdag afgedank by Hoërskool Franklin nadat ‘n video van haar op sosiale media versprei het waarin sy praat oor hoe mens nie pedofiele kan oordeel nie. Haar studente het haar verdedig en sê die video is uit konteks geneem.

In die video sê sy: “Hou op om hulle dit te noem. Jy mag nie mense so etiketteer nie. Stop dit, Diego. Ons gaan hulle nie dit noem nie. Ons gaan hulle MAP’s noem. Minderjarig-aangetrokke persone. Die woord ‘pedofiele’ moenie gebruik word vir mense wat seks met ‘n 5-jarige wil hê nie.”

Sarah Gotshall sê op Twitter sy het gelees dat die onderwyseres die spot gedryf het met die argument dat mense nie pedofiele genoem moet word nie. “Sy het nie self die argument gemaak nie.”

"Let the school bells ring" Facebook-groepleier Kendal Brown Jessup het verlede week gesê dit was deel van 'n klasdebat en Parker het dit duidelik gemaak dat sy nie pedofilie goedpraat nie.

Ander persone sê die video is uit konteks geneem, omdat dit slegs ‘n paar sekondes is.

Ouers wat die video gesien het, het hulle kommer uitgespreek en gesê hulle wil hê die saak moet ten volle ondersoek word.

Bronne: Business Insider, Christian Headlines, Christian Post, Twitter

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.  Adverteer by FiND iT.

Lees ook: ‘Ek kan ‘n meisie swanger maak’ – sê Nigeriese vrou met beide manlike en vroulike geslagsdele