Twee kompleksinwoners het in die hof beland na een die ander gedagvaar het omdat sy ‘n “rassis” op ‘n WhatsApp-groep genoem is.
In 2020 het die kompleksinwoners, van Ambiance Estates in Johannesburg, op mekaar geklik toe sommige inwoners nie die streng inperkingsreëls gevolg het nie deur om die kompleks te loop vir oefening.
In ‘n argument op die groep het Noranne Dovey glo in ‘n WhatsApp-boodskap vir Hellen Phaleng-Podile, ‘n lid van die trustees van die kompleks, gesê sy is ‘n rasis.
Dit was nadat Phaleng-Podile op die groep gesê het mense moet die inperkingsreëls volg.
‘n Argument het uitgebreek en geëindig met Dovey wat gesê het Phaleng-Podile is ‘n rassis omdat sy haar intellek bevraagteken het.
Phaleng-Podile het ‘n lastersaak vir R500 000 teen Dovey oopgemaak, asook ‘n kriminele saak. Niks het gekom van die kriminele saak nie. Sy wou ook hê Dovey moet haar om verskoning vra en dat sy ‘n interdik teen haar moet kry om nie weer so iets te sê nie.
Phaleng-Podile het nie die saak gewen nie, maar sy het haar verskoning gekry.
Bronne: IOL, Scoopnest, Pressreader
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel. Adverteer by FiND iT.
Lees ook: ‘Ons besit nie die myn waar die dam gebars het op Jagersfontein nie’ – De Beers



