Ongeveer 60 mense is Maandag in ‘n botsing net buite Secunda, Mpumalanga, beseer.
ER24 en verskeie ander nooddienste het om 05:55 op die toneel aangekom.
Hulle het ‘n vragmotor op sy sy en ‘n bus ‘n entjie daarvandaan in die veld gevind.
Verskeie ander stilstaande voertuie was op die toneel.
Vier persone was volgens ER24 in ‘n kritieke toestand en meer as 50 ander het ligte tot ernstige beserings gehad.
Een persoon wat in ‘n kritieke toestand was, is met aankoms by die hospitaal oorlede.
Owerhede ondersoek die voorval.



