NASA in die VSA het ‘n missie om ‘n asteroïed met die naam Dimorphos doelbewus van sy wentelbaan deur kinetiese impak te laat verander, suksesvol afgehandel.
Wetenskaplikes is tans besig met navorsing deur dataversameling en beeldmateriaal te bestudeer.
Vir die eerste keer in die geskiedenis van die mens was daar beplan dat NASA se Double Asteroid Redirection Test (DART) uitgevoer sou word.
Dit was vir Maandag 26 September 2022 om 19:14 nm. geskeduleer.
Die doel van die aksie was om te sien of kinetiese mag die asteroïed se wentelbaan kan verander.
Hierdie tegniek sal, as dit werk, die aarde in die toekoms beskerm indien asteroïedes dit bedreig.
“DART se teiken-asteroïd was nie ‘n bedreiging vir die aarde voor, tydens of na die impak van die toets nie.”
Bron NASA – Aeronautics and Space Administration
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



