Verdagte na plaasaanval gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Verdagte word deur die Provinsiale Georganiseerde Misdaadondersoekeenheid, gebaseer in Phuthaditjhaba, gesoek vir ‘n beweerde huisroof en aanranding wat in 2021 op ‘n plaas op Ficksburg gepleeg is.

Volgens ‘n verklaring deur die SAPD word daar beweer die egpaar, albei 52 jaar oud, was op 18 Julie 2021 omstreeks 19:40 besig om gereed te maak om te gaan slaap toe hulle skielik deur drie gewapende mans aangerand is wat hulle van ‘n onbekende bedrag kontant beroof het.

Die slagoffers is glo geslaan en ernstig beseer. Hulle is na die plaaslike hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die verdagtes het ‘n byl gevat voordat hulle van die toneel gevlug het.

Geen verdagtes is tot dusver in hegtenis geneem nie en die saak word nog ondersoek.

Enigiemand met inligting wat kan help met die arrestasie van die verdagte kan speur-AO Mbele van Provinsiale Georganiseerde Misdaadondersoek by 082 332 3418, Crime Stop 08600 10111 of MySAPS App kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel