Argeoloë ontdek 2 600 jaar oue kaas in Egipte

Deel hierdie storie / Share this story

Argeoloë het vroeër die maand 2 600 jaar oue kaas in Egipte ontdek.

Egipte se Ministerie van Toerisme en Oudhede het in ‘n verklaring gesê die kaas is as halloumi geïdentifiseer.

Dié halloumi, wat in pottebakkersware gevind is, dateer uit tussen 688 en 525 voor Christus.

Antieke Egiptenare het die kaas “haram” genoem. Bewyse is gevind dat kaasmakery deur die Egiptenare al vir 5 000 jaar beoefen word.

Argeoloë het ook ander houers opgegrawe wat binnekort opgemaak sal word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel