Dodetal in Iran-optogte styg glo tot 76

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens menseregtegroepe het die dodetal in die Iran-optogte tot minstens 76 mense in die 11 dae van onluste na die dood van Mahsa Amini gestyg.

Plaaslike media het gesê die dodetal is 41, wat sekuriteitspersoneel insluit. Die mense wat deelneem aan die optogte word vir die sterfgevalle geblameer.

Honderde mense, insluitend 20 joernaliste, is tydens die optogte gearresteer.

Die optogte het na meer as 80 dorpe en stede regoor Iran versprei vandat Mahsa Amini na drie dae in ‘n koma gesterf het. Sy is deur die moraliteitspolisie gearresteer omdat sy nie haar hidjab reg aangehad het nie. Die polisie sê sy het ‘n hartaanval gehad, maar haar familie glo sy is deur die polisie geslaan.

Volgens’n menseregtegroep kon hulle deur video’s en doodsertifikate bevestiging kry dat lewendige ammunissie op betogers gebruik word.

Bronne: BBC, FBC News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: 75 mense dood in Iranse optogte