Die polisie op Sebayeng doen ‘n beroep op die gemeenskap om te help om ‘n vermiste verstandelik gestremde man van Solomondale Village op te spoor.
Die 55-jarige Malakia Malekele Mokou is laas volgens polisieverslae in die middestad op 8 Augustus gesien.
Die polisie het sonder sukses ‘n soektog in en rondom Sebayeng na hom geloods.
Enigiemand met inligting kan die polisie by 073 830 2680 of 015 267 2919 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



