Altesaam 17 mense is Maandag oorlede en 24 gewond tydens ‘n skoolskietery in Rusland. Die gesondheidsminister, Mikhail Murashko, het gesê 15 van die gewondes gaan na Moskou vir verdere behandeling vervoer word.
Drie van die slagoffers is in kritieke toestand.
Die skieter is identifiseer as die 34-jarige Artyom Kazantsev, ‘n voormalige leerling van die skool. Die motief agter die skietery is onbekend, maar ‘n ondersoek is aan die gang.
Kazantsev was glo ‘n geregistreerde pasiënt in ‘n psigiatriese fasiliteit. Hy het selfdood gepleeg tydens die skietvoorval.
Die polisie glo hy was moontlik deel van ‘n neofascistiese groep, omdat hy ‘n swastika op sy hemp gehad het.
Bronne: Fox News, River Bender
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Voormalige leerling skiet 15 dood in Russiese skoolskietery



