‘n Voormalige leerling met ‘n swastika op sy hemp het Maandag 15 mense, 11 van hulle kinders, tydens ‘n skietery by ‘n skool doodgeskiet en 24 gewond voor hy selfdood gepleeg het.
Onder die 24 gewondes was 22 kinders.
Die man wat geïdentifiseer is as Artem Kazantsev, het twee sekuriteitswagte doodgeskiet en toe losgebrand op leerlinge en onderwysers by Skool nommer 88, waar hy voorheen ‘n leerling was.
Kazantsev was glo geestelik versteur. Hy het moontlik bande met ‘n “neo-fascistiese” groep gehad.
Bronne: Reuters, Philstar
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Skoolskietery in Rusland, 13 dood



