‘n Vrou is Sondag in die Jonkershoek-natuurreservaat by Stellenbosch in die Wes-Kaap beseer.
‘n Soek-en-reddingspan van Wildernis (WSAR), wat ‘n paramedikus en ‘n reddingsklimmer insluit, het op die noodroep reageer.
Die reddingspan was aan boord van ‘n AMS-reddingshelikopter van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement. Hulle is na ‘n area by Kurktrekkernek geneem.
Vanweë oneweredige terrein moes die reddingspan vanuit die helikopter gehys word om die beseerde te kon bereik.
Haar beserings is behandel voordat sy opgehys is na die helikopter en vandaar is met haar na ‘n landingstrook gevlieg.
Die WSAR, bestaande uit regeringsagentskappe en vrywilligers, kan by 021 937 0300 bereik word.
BRON: WSAR
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



