‘n Swanger vrou is in Brasilië dood gevind met haar maag oopgeskeur en haar geslagsdele vermink.
Ohana Karolin (24), ‘n ma van drie van die Brasiliaanse deelstaat Sao Paulo, was sewe maande swanger met haar vierde kind toe sy Woensdag vermoor is.
Die polisie glo dit was moontlik ‘n rituele moord.
Verbygangers het haar verminkte liggaam met die baarmoeder uitgesny in Portal dos Lagos gevind, ‘n gebied wat omring word deur evangeliese kerke van verskillende denominasies.
Die ma het net ‘n T-hemp aangehad en beamptes het ‘n kortbroek, ‘n paar tekkies en ‘n aantal munte langs haar verminkte liggaam ontdek.
Ondersoekers het gesê ‘n “makabere ritueel” waarin die vrou “geoffer” is, is een van hul ondersoekrigtings.
Haar eks-man, die pa van haar kinders, is ontbied om die liggaam te identifiseer.
Die polisie ondersoek ook die moontlikheid van ‘n kennis of kêrel wat betrokke kon wees.
‘n Vriend van die ontslape vrou het aan die plaaslike nuuswebwerf gesê Karolin was die laaste tyd by ‘n bende betrokke en dat haar eks “weg beweeg” het van haar.
Karolin is deur haar familie en vriende beskryf as ‘n gawe mens van wie almal gehou het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



